Cool Creations Banner (Teddy bear)

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpBeursiesHandsakkePennesakkiesRugsakkeSelfoonskouersakkieTooisakkiesHandsakkegalery

Updated: February 7, 2023 ** Opgedateer: 7 Februarie 2023

English

 
 

Handsakke, Skouersakke en meer

Geen vaal of vervelige handsakke by Cool Creations nie. 'n Baie groot reeks handsakke is beskikbaar en kom in verskeie vorms en met eenvoudige of ingewikkelde geborduurde patrone of versiersels. Hierdie reeks handsakke word vervaardig van cotton twirl, denim of kamoefleer- of mommateriaal. Die sakke is gemaklik oor die skouer of in die hand. Die volgende produkte is ingesluit:

Kliek 'n duimnael om 'n groter weergawe te sien

Pryse en aanlynaankope by Cool Shop


Produkkode:
H1 Handsak
Ontwerpkodes:
VE40-Birds (a),
VE39-Birds (a) en
VE32-Birds (a)
Fotogalery

 

Beskrywing: Handsakke word van cotton twirl of denimmateriaal gemaak en die sterk voering aan die binnekant dra by tot die kwaliteit van Cool Creations se handsakke. 'n Smal band maak dit baie gemaklik om op mens se skouer te dra. Aan die binnekant het die sakke 'n addisionele sak wat met 'n ritssluiter toemaak. Die sak maak toe met drukknope of ritssluiter. Ons besondere pragtige geborduurde prente of kantversierings in effe- of veelkleurig, wat die sak komplimenteer, maak hierdie artikels top verkopers! Smaakvol of pronkerig, daar's iets in almal se smaak. Ook beskikbaar in of mommateriaal of sg. "camo fabric". 1 Groot of 3 kleiner gratis borduurontwerpe per handsak is ingesluit.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 26 x 26 cm

Kode: H1 Handsak

Handsak vervaardig deur Cool Creations (jagluiperds)
Produkkode:
E1 Handsak
Dieretema-materiaal

Beskrywing: Hierdie mooi produk met die tipiese Afrika dieretemas, het dieselfde spesifikasies as die Cool Creations Handsak, insluitende die voering, die skouerband en die ekstra sakkie. LW hierdie produk is ongelukkig net beskikbaar as die dieretemamateriaal in die mark verkrygbaar is, maar hierdie sak grootte is ook beskikbaar in cotton twirl, denim- of kamoefleermateriaal.
3 Gratis borduurontwerpe per sak is ingesluit.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 21 x 26 cm

Kode: E1 Handsak


Produkkode:
H6 Klein Handsakkie
Ontwerpkodes:
BI1-Besies (c) en
BI1-Besies (b)
Fotogalery

Beskrywing:  'n Ander elegante Cool Creations produk is die klein handsakkie, vervaardig van cotton twirl of denimmateriaal. Dit is kreatief versier met borduurwerk in pragtige prente wat gekies kan word uit die Cool Creations ontwerpversameling. 'n Naam of voorletters mag bygevoeg word as jy dit so verkies. Die sak is binne gevoering en het 'n kort, gerieflike band wat oor die skouer kan gedra word of om in die hand te dra en net gepas vir die nodigste items. Ook beskikbaar in kamoefleermateriaal. 2 kleiner gratis borduurontwerpe per handsakkie is ingesluit.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 16 x 26 cm

Kode: H6 Klein Handsakkie


Produkkode:
H5 Strandsak
Fotogalery

Beskrywing: Nog een van Cool Creations se produkte is die nuttige, maar byderwetse strandsak. Die strandsak word van cotton twirl of denim gemaak en pragtig versier met borduurwerk. Alternatief kan die sak gemaak word van mooi dekoratiewe materiaal. Die sak dra gemaklik in die hand of oor die skouer en is groot genoeg om al die benodighede, soos sonbrandmiddel en so meer, in te pak vir 'n heerlike dag op die strand.

'n Keuse van vrolike motiewe materiaal of denim of cotton twirl waarop geborduur word, is beskikbaar. Daar is vele ontwerpies om van te kies uit Cool Creations se geborduurde prente versameling. 1 Groot of 3 kleiner gratis borduurontwerpe per sak is ingesluit as u die cotton twirl of denimmateriaal-opsie sou kies.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte:  32 x 42 cm

Kode: H5 Strandsak

Beskrywing: Cool Creations se skouersakke is groot en gerieflik met 'n lang band. Die sak het 'n paneel aan die sykant en op die bodem, sodat dit meer ruimte bied. In die binnekant is daar ook 'n ekstra klein sakkie. Dit maak maklik van agter na voor toe met 'n flapdeksel en 'n stukkie Velcro. Die sak het 'n binnevoering en is beskikbaar in cotton twirl, denim- of mommateriaal ("camo fabric"). Die cotton twirl en denimsakke is versier met besonderse borduurwerk.
1 Groot of 3 kleiner gratis borduurontwerpe per sak is ingesluit.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 35 x 28 cm

Besoek Cool Shop vir meer inligting oor Cool Creations se Skouersakke.

Kode: H2 Skouersak

Kyk na foto's by Cool Shop


Produkkode:
H3 Inkopiesak
Ontwerpkode:
A6-Blomme(b)

Hierdie ontwerp is 'n groter
10cm x 17cm ontwerp.
Lees meer

Fotogalery

Beskrywing: 'n Kamoefleer-of mommateriaalsak of sakke van denimmateriaal of cotton twirl is ideaal vir inkopies en die kruideniersware. Hierdie sak het 'n paneel aan die sye en op die bodem vir ekstra ruimte. Dit het twee kort bande wat die drawerk geriefliker maak. Die borduurwerk op die sak gee dit daardie tikkie sprankel. Die sak kan ook gebruik word vir skoolboeke of klere of soortgelyke items. Gevolglik is dit 'n veeldoelige soort sak. Hierdie sakke is ook uitstekend om plastiese sakke te vervang en word as sulks aanbeveel vir herwinnings entoesiaste. 1 Groot of 3 kleiner gratis borduurontwerpe per item is ingesluit.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 31 X 37 cm

Kode: H3 Inkopiesak

Beskrywing: Cool Creations se drasak het twee bande, word gemaak van kamoefleermateriaal of denim of cotton twirl en het 'n voering aan die binnekant. Dis ideaal vir daaglikse gebruik, nie te groot nie, maar met voldoene spasie. 'n Ekstra paneel aan die agterkant gee nog meer ruimte. Dit sluit met 'n kleurvolle ritsluiter. Die cotton twirl en denimsakke kan versier word met enige van ons menigte prentjiemooi-patrone.
1 Groot of 3 kleiner gratis borduurontwerpe per item is ingesluit.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 45 X 25 cm

Besoek Cool Shop vir meer inligting oor Cool Creations se Kleresakke.

Kode: H4 Kleresak

Kyk na foto's by Cool Shop

Ander sakke:

Pryse en aanlynaankope by Cool Shop Werfkaart

 

Home/Tuis
Up/Op
Beursies
Handsakke
Pennesakkies
Rugsakke
Selfoonskouersakkie
Tooisakkies

 

Handsakkegalery

 

 

Cool Shop
Cool Designs
Embroideryland

 

 

 

 

 

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpBeursiesHandsakkePennesakkiesRugsakkeSelfoonskouersakkieTooisakkiesHandsakkegalery

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

ADSA Advertensies

Artists at Piazza
Kunstenaars by Piazza

Swallow Software, Canada
swallowsoftware.arkpark.net

ARK Web Design © 2007 - 2023
ARK Webontwerp © 2007 - 2023

Download Bible: Angel praying

Bekering

'n Christen…

Voetspore

Bybelteks

Kaleidoskoop