Cool Creations Banner (Teddy bear)

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpBeursiesHandsakkePennesakkiesRugsakkeSelfoonskouersakkieTooisakkiesRugsakkegalery

Updated: February 7, 2023 ** Opgedateer: 7 Februarie 2023

English

 
 

Rugsakke en Knapsakke

Denim-, cotton twirl of kamoefleermateriaal-rugsakke is baie gewild, veral onder studente, voetslaners, fietsryers, reisigers en so meer. Die rugsakke is maklik om rond te dra, óf sommer so oor die skouer óf op die rug. Die knapsakke ontwerp en vervaardig deur Cool Creations is beskikbaar in verskillende groottes en style. Elke cotton twirl of denimsak het 'n aanskoulike, uitsonderlike geborduurde prent of ontwerp aan die een kant en word vervaardig van goeie kwaliteit tekstiel. Die sakke is ook beskikbaar in mommateriaal of sg. "camo fabric".

Die groot rugsak het 'n ritssluiter aan die bokant en ook aan die voorkant. Die kleiner rugsakkie maak slegs aan die bokant oop met 'n ritssluiter. Albei soort sakke is ook geskik vir kleuterskool-doeleindes of vir kinders se sportdrag. Die groot rugsak is groot genoeg om die skoolboeke te kan hanteer.

Kliek 'n duimnael om 'n groter weergawe te sien

Pryse en aanlynaankope by Cool Shop


Produkkode:
T1 Groot rugsak
Ontwerpkodes:
SN3-Skryfbehoeftes (a)
SN4-Skryfbehoeftes (a)
SN1-Skryfbehoeftes (a) en
SN2-Skryfbehoeftes (a)
Fotogalery

Beskrywing: Hierdie sakke is van Cool Creations se topverkopers. Die grootste rugsak is groot genoeg om baie items in te kan pas, maar bly nog steeds gerieflik om oor die skouer of op die rug te dra. Hierdie rugsak is uitgevoer in die binnekant en het verstelbare bande aan die agterkant. Die bokant sluit met 'n gekleurde ritssluiter en aan die voorkant is nog 'n gekleurde rits wat 'n addisionele sakkie sluit. Uitsonderlike mooi geborduurde ontwerpe versier die voorkant van die denimsak. Jy kan 'n naam byvoeg as jy dit verkies. 1 Groot gratis ontwerp of 4 klein gratis borduurontwerpe per item is ingesluit.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 31 x 38 cm

Kode: T1 Groot rugsak


Produkkode:
T2 Klein rugsakkie
Ontwerpkodes:
FA1-Feetjieland (a)
FA9-Feetjieland (c)
FA3-Feetjieland (b)
Naam bygevoeg: Carli
Fotogalery

Beskrywing: Die klein knapsak of rugsakkie is uitgevoer in die binnekant en het verstelbare bande aan die agterkant. Dit het 'n gekleurde ritssluiter en helder, sprankelende prente. Die knapsak is ook geskik vir kleuters of jong kinders. Die sakke is verkrygbaar in cotton twirl, denim- of mommateriaal wat in verskeie kleure voorkom. 1 Groot gratis ontwerp of 3 klein gratis borduurontwerpe per item is ingesluit.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 23 x 33 cm

Kode: T2 Klein rugsakkie


Produkkode:
T3 Toerygrugsakkie T3 Ontwerpkode:
KD5-Katte (b)
Fotogalery

Beskrywing: Die klein rugsakke is lekker gerieflik om rond te dra. Die sakkie is uitgevoer aan die binnekant en dit het verstelbare bande. Dit sluit met 'n koord met krale aan die punte en ook met 'n klap en drukknope aan die bokant. Die cotton twirl of denimsak word aan die voorkant versier met een van Cool Creations se pragtige ontwerp-borduurskeppings en 'n naam kan bygevoeg word as jy dit verkies. 1 Groot gratis ontwerp of 1 klein gratis borduurontwerp per item is ingesluit.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 20 x 30 cm

Kode: T3 Toerygrugsakkie

Ander sakke:

Pryse en aanlynaankope by Cool Shop

Werfkaart

 

Home/Tuis
Up/Op
Beursies
Handsakke
Pennesakkies
Rugsakke
Selfoonskouersakkie
Tooisakkies

 

Rugsakkegalery

 

 

Cool Shop
Cool Designs
Embroideryland

 

 

 

 

 

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpBeursiesHandsakkePennesakkiesRugsakkeSelfoonskouersakkieTooisakkiesRugsakkegalery

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

ADSA Advertensies

Artists at Piazza
Kunstenaars by Piazza

Swallow Software, Canada
swallowsoftware.arkpark.net

ARK Web Design © 2007 - 2023
ARK Webontwerp © 2007 - 2023

Download Bible: Angel praying

Bekering

'n Christen…

Voetspore

Bybelteks

Kaleidoskoop