Cool Creations Banner (Teddy bear)

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpKombuis-sakkiesKombuislinneKombuislinne-galery

Updated: February 7, 2023 ** Opgedateer: 7 Februarie 2023

English

 

Kombuislinne

Eksklusiewe en die aller mooiste kombuislinne word ontwerp en geskep deur Cool Creations. Kies jou eie ontwerpe vanuit ons groot versameling temas en prente vir die versiering en tooisels op jou linne. Maak jou kombuis die warm en vriendelike plek net soos jy dit nog altyd wou hê. Sommige van ons wonderlike produkte is:
   

Kliek die duimnael om 'n groter weergawe te sien

Pryse en aanlynaankope by Cool Shop


Produkkode:
K5 Oondhandskoene
Ontwerpkode:
VI2-Vrugte (a)
Fotogalery

Beskrywing: Oondhandskoene is baie handig vir die warm kastrolle en panne. Geen vingers wat brand nie. Met 'n lussie aan elkeen om sommer aan 'n hakkie bokant die stoof op te hang. Beskikbaar in cotton twirl of denimmateriaal. Die oondhandskoene kom in 'n stel van 2. 1 Gratis borduurontwerp per handskoen is ingesluit.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 19 x 29 cm

Kode: K5 Oondhandskoene


Produkkode:
K10 Vierkantige vatlappe
Ontwerpkodes:
BP3-Beeste (a) en
BP5-Beeste
(a)
Fotogalery
  • Vierkantige vatlappe (Stel van 2)

Beskrywing: 'n Klein maar mooi vatlappie vir die kombuis, gemaak van denim of cotton twirl en versier met pragtige borduurwerk en soms selfs moet 'n stukkie kant. Hierdie vierkantige vatlappies kom in 'n stel van 2. 1 Gratis borduurontwerp per vatlappie is ingesluit.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 20 x 20 cm

Kode: K10 Vierkantige vatlappe


Produkkode:
K11 Vatlap en Oondhandskoen Ontwerpkode:
BP3-Beeste (a)
Fotogalery
  • Handskoen en Vatlappie (Stel)

Beskrywing: Hierdie stelletjie bestaan uit 'n vatlappie en 'n oondhandskoen wat beide bypassende geborduurde versiering het. 1 Gratis borduurontwerp op die vatlappie en 1 gratis borduurontwerp op die oondhandskoen is ingesluit.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: Standaard grootte vatlappies.

Kode: K11 Vatlap en Oondhandskoen


Produkkode:
K4 Afdroogvadoek
Ontwerpkode:
SZ1-Sonneblomme (b)
Fotogalery

Beskrywing: Afdroogvadoeke, pragtig geborduur met 'n kleurvolle prentjie, is amper 'n móét vir elke kombuis. Uitstekende en paslike geskenkkeuse vir 'n kombuistee. 1 Gratis borduurontwerp per vadoek is ingesluit.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: Standaard grootte vadoek.

Kode: K4 Afdroogvadoek


Produkkode:
K12 Wasvadoek
Ontwerpkode:
 EB3-Eendjies (a)
Fotogalery

Beskrywing: Hierdie gerieflike vadoekies is uiters geskik vir skottelgoedwas en vir die skoonmaak van kombuis oppervlaktes. Elke kombuis het dit nodig, maar hierdie wasvadoeke lyk ook mooi as dekoratiewe artikels aan kombuishakies of aan die muur. Die Cool Creations wasvadoeke is geborduur met 'n kleurige prent wat uit een van die baie prente van die Cool Creations borduurontwerpversameling gekies kan word. 'n Wonderlike keuse as geskenk! 1 Gratis borduurontwerp per wasvadoek is ingesluit.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 30 x 30 cm

Kode: K12 Wasvadoek

Beskrywing: Lap servette vir daardie spesiale geleenthede of sommer net vir elke dag se gebruik aan tafel. Ons sal die servette volgens jou keuse versier. Beskikbaar in linne of kreukelvry matriaal. Die servette kom in 'n stel van 6. 1 Gratis  borduur-ontwerp per servet is ingesluit.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 30 cm x 30 cm

Kode: K6 Servette

Beskrywing: Tafeldoeke met borduurversierings in pragtige kleurryke patrone. Hetsy die ontwerp ingewikkeld of eenvoudig is, ons sal dit versier volgens jou spesifikasies. Beskikbaar in linne of kreukelvrye materiaal. 6 Groot gratis borduurontwerpe per tafeldoek is ingesluit of 10 kleiner ontwerpe, geborduur op die hoeke en aan die kante van die tafeldoek. Maksimum grootte van borduurontwerpe vir versiering is 10 cm X 17 cm vir die groter ontwerpe en 10 cm x 10 cm vir die kleiner ontwerpe.
Ontwerpe en versierings-opsies
.
Grootte:1.5 m x 2 m

Kode: K7 Tafeldoeke


Produkkode:
K8 Voorskoot
Ontwerpkodes:VI2-Vrugte (c) VI1-Vrugte (a) en
VI3-Vrugte (a)

Beskrywing: Mooi voorskote in cotton twirl of denimmateriaal. Die voorskote word versier met een van Cool Creations se borduurontwerpe. Kies gerus iets mooi's wat jou smaak pas. 1 Groot gratis borduurontwerp of 3 kleiner ontwerpe per item is ingesluit.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: Vanaf Klein tot XXXL

Kode: K8 Voorskoot


Produkkode:
K9 Tafelkleed
Ontwerpkode:
SF1-Seeperdjies (a)

Beskrywing: 'n Tafelkleed sal enige tafel net meer elegant laat lyk. Vir 'n baie belangrike onthaal of geleentheid gee die tafelkleed daardie ekstra formele voorkoms en maak jou onthaal iets spesiaals. 4 Groot of kleiner gratis borduurontwerpe per item is ingesluit, wat op die hoeke geborduur is. Maksimum grootte van borduurontwerpe vir versiering is 10 cm x 10 cm vir die kleiner ontwerpe en 10 cm x 17 cm vir die groter ontwerpe.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 1 m x 1 m

Kode: K9 Tafelkleed

Ander produkte vir die Kombuis

Pryse en aanlynaankope by Cool Shop Werfkaart

 

Home/Tuis
Up/Op
Kombuis-sakkies
Kombuislinne

 

Kombuislinne-galery

 

 

Cool Shop
Cool Designs
Embroideryland

 

 

 

 

 

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpKombuis-sakkiesKombuislinneKombuislinne-galery

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

ADSA Advertensies

Artists at Piazza
Kunstenaars by Piazza

Swallow Software, Canada
swallowsoftware.arkpark.net

ARK Web Design © 2007 - 2023
ARK Webontwerp © 2007 - 2023

Download Bible: Angel praying

Bekering

'n Christen…

Voetspore

Bybelteks

Kaleidoskoop