Cool Creations Banner (Teddy bear)

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpKombuis-sakkiesKombuislinneKombuis-sakkiesgalery

Updated: February 7, 2023 ** Opgedateer: 7 Februarie 2023

English

 

Verskeie Kombuis-sakke

Hondjie by herwinningsdrom Die verskeie kombuis-sakke is van Cool Creations se handigste en voordeligste produkte aan ons kliënte.

Maak jou dag 'n bietjie makliker met hierdie handige sakke.

   

Kliek die duimnael om 'n groter weergawe te sien

Pryse en aanlynaankope by Cool Shop

Cool Creations: Denim bag for storing clothes pegs (fruit)
Produkkode:
K1 Wasgoedpennetjiesakkie Ontwerpkodes:
VI1-Vrugte (a), VI3-Vrugte (a) en VI2-Vrugte (c)
Fotogalery

Beskrywing: Cool Creations se wasgoedpennetjie-sakkie vir wasdag. Die sakkie hou al die pennetjies netjies bymekaar. Dit is 'n sterk cotton twirl of denimsakkie wat aan 'n houthanger hang en bo 'n groot genoeg opening het om die pennetjies maklik te kan uithaal en weer terug sit na gebruik. Die ideale item vir wasdag. 1 Groot of 3 kleiner gratis borduurontwerpe per sakkie is ingesluit.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 30 x 36 cm

Kode: K1 Wasgoedpennetjiesakkie
 

Cool Creations: Storage Bag
Produkkode:
K2 Sakkiehouer
Ontwerpkode:
GG1-Groente (a)
Fotogalery

Beskrywing: Die sakkiehouer is een van Cool Creations se handigste produkte. 'n Ovaal sakkiehouer vir oortollige plastiese inkopiesakkies. Geen plastiese sakkies wat die węreld vol lę nie. Die sakkiehouer is lank en ovaal met 'n kort lussie wat maklik aan 'n hakkie teen die muur of agter 'n deur kan ophang. Ideaal vir al die plastiese sakkies wat altyd oral in gedruk word.

Met 'n sakkiehouer in die omtrek is al die sakkies sommer netjies bymekaar. Druk eenvoudig net die sakkie bo in, by die opening, en trek weer onder uit wanneer dit benodig word. Bo en onder word die sakkie toegehou met 'n rekkie. Baie oulike produk en handig in vandag se dae waar herwinning belangrik geword het. Verkrygbaar in denim of cotton twirl-materiaal met 'n mooi geborduurde prentjie. 'n Wenner-produk!
2 Gratis borduurontwerpe per item is ingesluit.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 15 x 45 cm

Kode: K2 Sakkiehouer

Denim Bag (Dishcloth holder) by Cool Creations
Produkkode:
K3 Vadoekhouer
Ontwerpkodes:
VI1-Vrugte (a)
VI3-Vrugte (a) en
VI2-Vrugte (c)
Fotogalery

Beskrywing: Cool Creations se oulike vadoekhouer is 'n lekker hulpmiddel in die kombuis. Dit is 'n denimsakkie wat teen die muur hang aan 'n klein houthangertjie, waarin al die vadoeke netjies gebęre kan word. Hierdie houertjie is ook beskikbaar in cotton twirl-materiaal.
3 Gratis borduurontwerp per houer is ingesluit.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 20 x 60 cm

Kode: K3 Vadoekhouer

Ander produkte vir die Kombuis

Pryse en aanlynaankope by Cool Shop

Werfkaart

 

Home/Tuis
Up/Op
Kombuis-sakkies
Kombuislinne

 

Kombuis-sakkiesgalery

 

 

Cool Shop
Cool Designs
Embroideryland

 

 

 

 

 

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpKombuis-sakkiesKombuislinneKombuis-sakkiesgalery

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

ADSA Advertensies

Artists at Piazza
Kunstenaars by Piazza

Swallow Software, Canada
swallowsoftware.arkpark.net

ARK Web Design © 2007 - 2023
ARK Webontwerp © 2007 - 2023

Download Bible: Angel praying

Bekering

'n Christen…

Voetspore

Bybelteks

Kaleidoskoop