|
Beskrywing: Beide die groot en klein doekesakke
word vervaardig van denimmateriaal waarop geborduurde ontwerpe is of
mommateriaal (kamomateriaal). Die sakke het 'n voering van poliëster
katoen. Weerskante is klein sakkies met 'n rekkie bo-aan waarin 'n
bababottel mooi regop in gebęre kan word. 'n Ekstra sakkie aan die
agterkant gee meer ruimte. Die sak se lang breë band maak die dra
daarvan gerieflik. Hierdie soort sakke kom versier met die aller
pragtigste geborduurde ontwerpe en 'n naam of voorletters kan bygevoeg
word op die sak wat dit daardie pasgemaakte voorkoms te gee.
Hierdie soort sakke is ook baie gewild by die jong klomp wat dit vir
hul sportgoed en klere gebruik. Kies net 'n gepaste ontwerp en
siedaar, jy het 'n stylvolle en unieke sak.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 40 x 27 cm (groot) of 24 x 26 cm (klein)
Kode: B01 of B02 |