Handsakke, skouersakke en meer
|
|
Geen vaal of vervelige handsakke by Cool Creations nie. 'n Baie groot
reeks handsakke is beskikbaar en kom in verskeie vorms en met eenvoudige
of ingewikkelde geborduurde patrone of versiersels. Hierdie reeks
handsakke word vervaardig van denim, kamoefleer- of mommateriaal,
kunsleer of selfs die tipiese gewilde Afrikatema-materiaal wanneer dit
beskikbaar is. Die sakke is gemaklik oor die
skouer of in die hand. Die volgende produkte is ingesluit:
|
|
|

 |
Beskrywing: Handsakke word van denimmateriaal gemaak en die sterk voering aan die binnekant dra by tot die
kwaliteit van Cool Creations se handsakke. 'n Smal band maak dit baie
gemaklik om op mens se skouer te dra. Aan die binnekant het die sakke 'n
addisionele sak wat met 'n ritssluiter toemaak. Die sak maak toe met
drukknope. Ons besondere pragtige geborduurde prente of kantversierings in effe-
of veelkleurig, wat die sak komplimenteer, maak hierdie artikels top
verkopers! Smaakvol of pronkerig, daar's iets in almal se smaak. Ook
beskikbaar in of mommateriaal of sg. "camo fabric" of kunsleer of selfs
Afrikatema-materiaal wanneer dit in die mark beskikbaar is.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 31 x 38 cm
Kode: H01 en AB01 |
 |
Beskrywing: Cool
Creations se skouersakke is groot en gerieflik met 'n lang band. Die sak
het 'n paneel aan die sykant en op die bodem, sodat dit meer ruimte
bied. In die binnekant is daar ook 'n ekstra klein sakkie. Dit maak
maklik van agter na voor toe met 'n flapdeksel en 'n stukkie Velcro. Die
sak het 'n binnevoering en is beskikbaar in denim- of mommateriaal ("camo
fabric"). Die denimsakke is versier met besonderse borduurwerk.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 35 x 28 cm
Kode: H02 |
|
 |
Beskrywing: 'n Kamoefleer-of mommateriaalsak of sakke van
denimmateriaal is ideaal vir inkopies en die kruideniersware. Hierdie
sak het 'n paneel aan die sye en op die bodem vir ekstra ruimte. Dit het
twee kort bande wat die drawerk geriefliker maak. Die borduurwerk op die
sak gee dit daardie tikkie sprankel. Die sak kan ook gebruik word vir
skoolboeke of klere of soortgelyke items. Gevolglik is dit 'n
veeldoelige soort sak. Hierdie sakke is ook uitstekend om plastiese
sakke te vervang en word as sulks aanbeveel vir herwinnings entoesiaste.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 31 X 37 cm
Kode: H03 |
.jpg) |
Beskrywing: Cool Creations se drasak het twee bande, word
gemaak van kamoefleermateriaal of denim en het 'n voering aan die
binnekant. Dis ideaal vir daaglikse gebruik, nie te groot nie, maar met
voldoene spasie. 'n Ekstra paneel aan die agterkant gee nog meer ruimte.
Dit sluit met 'n kleurvolle ritsluiter. Die denimsakke kan versier word
met enige van ons menigte prentjiemooi patrone.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 45 X 25 cm
Kode: H04 |
 |
Beskrywing: 'n Oulike denimhandsak met plooitjies en 'n lint vir
versiering. Die handsak het twee skouerbande.
Grootte: Verskeie groottes beskikbaar soos bv 30 X 40 cm
Kode: H05 |
|
Ander sakke:
|
|
|