|
Cool Creations het 'n groot versameling ontwerpe vir die
borduurversierings op die produk of item wat u kies. Behalwe die gewone
letters, wat produkte vir die verbruiker aanpas, is daar 'n hele
potpourri van prentjies of ontwerpies in die Cool Creations versameling
beskikbaar, wat selfs die mees kieskeurige sal tevrede stel. Hier is
slegs 'n paar voorbeelde of temas: abstrakte ontwerpe in opvallende en
kontrasterende kleure, Afrika-kuns, aanloklike babatemas, kleurvolle
blomme, musiekinstrumente, insluitende 'n harp en grasieuse Christelike
temas soos engele, gebede en kruise.
Die reeks sluit ook baie diere is byvoorbeeld snaakse beertjies in
hul parmantige klein bikini's, snoesige hasies, dolfyne en paddas,
eende, fladderende vlinders, veelkleurige voëls, olifante, vlakvarke,
bokke en perde. Skattige drukkie-gee troeteldiere soos hondjies, katjies
en die kontantste muise is deel van die wonderlike versameling.
Die stel sluit ook in drake, feetjies, seeskulpe, hartjies,
flambojante hansworse, pragtige poppe, skryfbehoeftes, sportgoed,
strikkies, vervoer, vrugte, spotprentjie-karakters en nog baie-baie
meer.
Cool Creations voorsien ook geborduurde logos vir besighede op
byvoorbeeld uniforms en oorpakke. Addisioneel, verskaf ons ook 'n diens
aan skole, sportspanne, klubs en verkennerspanne deur die voorsiening
van geborduurde embleme op skoolbaadjies of op sporttruie en T-hemde. Jy
mag dalk ook wil kyk na Geborduurde Plakkers.
Wanneer jy 'n prentjie-ontwerp kies, wil jy dalk die items laat
pasmaak deur die byvoeging van 'n naam. Sulke letters is gratis en baie
lettertipes is beskikbaar.
Het jy 'n gastehuis, herberg, restaurant of 'n soortgelyke
akkommodasie-verblyfplek of dienste? Cool Creations kan die servette,
tafeldoeke, handdoeke, waslappe en ander linne soos kussingslope en
lakens vir die verbruiker persoonlik aanpas.
Wil jy 'n besigheids-logo laat borduur op produkte? As 'n duidelike
logo of prentjie per epos gestuur word, kan die rekenaar-borduurontwerp
gemaak word. Die koste van so 'n ontwerp is R100. Volg enige van die
volgende skakels om meer van die reeks oulike ontwerpe te sien.
|