Cool Creations Banner (Teddy bear)

 SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpPennesakkiesBeursiesHandsakkeTooisakkiesRugsakke

Updated: September 17, 2011 ** Opgedateer: 17 September 2011

Gratis Advertensies ** Free Ads

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

English

 
 

Rugsakke en Knapsakke

Denim- of kamoefleermateriaal-rugsakke is baie gewild, veral onder studente, voetslaners, fietsryers, reisigers en so meer. Die rugsakke is maklik om rond te dra, óf sommer so oor die skouer óf op die rug. Die knapsakke ontwerp en vervaardig deur Cool Creations is beskikbaar in verskillende groottes en style. Elke denimsak het 'n aanskoulike, uitsonderlike geborduurde prent of ontwerp aan die een kant en word vervaardig van goeie kwaliteit tekstiel. Die sakke is ook beskikbaar in mommateriaal of sg. "camo fabric".

Die groot rugsak het 'n ritssluiter aan die bokant en ook aan die voorkant. Die kleiner rugsakkie maak slegs aan die bokant oop met 'n ritssluiter. Albei soort sakke is ook geskik vir kleuterskool-doeleindes of vir kinders se sportdrag. Die groot rugsak is groot genoeg om die skoolboeke te kan hanteer.

Kliek 'n duimnael om 'n groter weergawe te sien

Pryslys en Bestelvorm

Beskrywing: Hierdie sakke is van Cool Creations se topverkopers. Die grootste rugsak is groot genoeg om baie items in te kan pas, maar bly nog steeds gerieflik om oor die skouer of op die rug te dra. Hierdie rugsak is uitgevoer in die binnekant en het verstelbare bande aan die agterkant. Die bokant sluit met 'n gekleurde ritssluiter en aan die voorkant is nog 'n gekleurde rits wat 'n addisionele sakkie sluit. Uitsonderlike mooi geborduurde ontwerpe versier die voorkant van die denimsak. Jy kan 'n naam byvoeg as jy dit verkies.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 31 x 38 cm

Kode: R01

Beskrywing: Die medium grootte knapsak is uitgevoer in die binnekant en het verstelbare bande aan die agterkant. Dit het 'n gekleurde ritssluiter en helder, sprankelende prente. Die knapsak is ook geskik vir kleuters of jong kinders. Die sakke is verkrygbaar in denim- of mommateriaal wat in verskeie kleure voorkom.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 23 x 33 cm

Kode: R02

Beskrywing: Die klein rugsakke is lekker gerieflik om rond te dra. Die sakkie is uitgevoer aan die binnekant en dit het verstelbare bande. Dit sluit met 'n koord met krale aan die punte en ook met 'n klap en drukknope aan die bokant. Die denimsak word aan die voorkant versier met een van Cool Creations se pragtige ontwerp-borduurskeppings en 'n naam kan bygevoeg word as jy dit verkies.
Ontwerpe en versierings-opsies.
Grootte: 20 x 30 cm

Kode: R03

Ander sakke:

Pryslys en Bestelvorm

Werfkaart

Wil jy graag van Cool Creations se produkte bestel?

Vul net jou bestelling en besonderhede op die Bestelvorm in en stuur dit dan aan
Cool Creations.

Het jy vrae? Stuur gerus 'n Navraag.

* Bemarkings-geleenthede vir agente, verteenwoordigers en herverkopers. Lees meer>>

 

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Pennesakkies
Beursies
Handsakke
Tooisakkies
Rugsakke

 

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpPennesakkiesBeursiesHandsakkeTooisakkiesRugsakke

ADSA Free Ads ** ADSA Gratis Advertensies

ADSA vir Gratis Advertensies
ADSA for Free Ads

 ARK Web Design © 2011
ARK Webontwerp © 2011

Download Bible: Angel praying


Bybel vir Aflaai

Download Bible