Cool Creations Banner (Teddy bear)

 SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpProdukteOntwerpeGebeureUitverkopingsPryseAgenteNavraeKontakRegistrasievorm

Updated: March 29, 2012 ** Opgedateer: 29 Maart 2012

Gratis Advertensies ** Free Ads

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

English

 

Bemarking van Cool Creations se besondere Produkte

 

Wil jy graag ons pragtige produkte in jou omgewing bemark en help verkoop?

   
Cool Creations Uitnodiging

Cool Creations wil graag kontak maak met agente en verteenwoordigers wat ons reeks produkte wil herverkoop en sodoende ons produkte in hul area versprei.

Kleiner winkeleienaars en besighede, insluitende soeweniers-, rariteite-, aandenkings of, snuistery- en geskenkwinkels en veral boetieks en klerewinkels of maatskappye is perfekte verkoopsgebiede vir ons wonderlike produkte.

   

Die Cool Creations produkte is alreeds beskikbaar aan die algemene publiek en besoekers by ons webwerf is baie welkom om bestellings vir enige van die produkte te maak deur bloot net 'n bestelling te stuur. Ons produkte is bekostigbaar en van hoogstaande gehalte in beide kwaliteit en vakmanskap.

Cool Creations gee ook nou aan privaat persone die geleentheid om ons produkte te herverkoop. Die produkte bemark maklik weens die feit dat ons produkte items vir beide kinders en volwassenes aanbied. Die Cool Creations produkte is baie handig en pragtig en is ook oulike geskenke.

Produkte moet eers aangekoop en dan herverkoop word deur die agent of bemarker. As jy hou van ons unieke reeks produkte en by Cool Creations wil inskakel in ons pogings om ons mark uit te brei, stuur gerus 'n Navraag vir meer inligting, verskaf jou besonderhede en ons sal so volledig moontlik inligting stuur van bemarkings-moontlikhede. Alternatief, kan jy voortgaan en net die Aansoek vir Registrasie aanlyn invul en stuur.

Cool Creations aanvaar nog steeds aansoeke van persone in alle areas van Suid-Afrika, wat ons produkte wil herverkoop. Bemarkers, insluitende privaat persone, sowel as winkels, kleinhandelaars word genooi om met ons te skakel om meer uit te vind van herverkoop moontlikhede van ons produkte. Groot maatskappye kan direk met ons skakel om te bespreek hoe hulle die Cool Creations produkte in hulle takke en winkels kan versprei.

Gebiede buite Suid-Afrika se grense is ook welkom om ons te kontak oor herverkoop moontlikhede en grootmaat-aankope. Lande soos Kanada, Australië, Nieu-Seeland, Amerika, Duitsland, Nederland, Frankryk, Brittanje en so meer, kan gerus hul kommentaar, navrae en inligting stuur. Maak asseblief gebruik van die Navrae-vorm om ons per epos te bereik.

 

Home/Tuis
Up/Op
Produkte
Ontwerpe
Gebeure
Uitverkopings
Pryse
Agente
Navrae
Kontak

 

Registrasievorm

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpProdukteOntwerpeGebeureUitverkopingsPryseAgenteNavraeKontakRegistrasievorm

ADSA Free Ads ** ADSA Gratis Advertensies

ADSA vir Gratis Advertensies
ADSA for Free Ads

 ARK Web Design © 2012
ARK Webontwerp © 2012

afrikaansegids.org

Download Bible: Angel praying

Bekering

Bybel vir Aflaai

Download Bible